moandei 3 desimber 2007
Elisabeth Eybers [1915 --- 2007]
POËSIE
Van volgbare resep geen sweem,
tog word dit só — en anders nie —
gestook: uit pyn en afstandneem,
uit liefde en ironie —uit sintuigsente, weggestop,
valutaloos, ’n droom geknel
onder ’n feite-storthoop tot
dit ligwaarts wel.
uit de Versamelde Gedigte
